Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Polisie gereed, ondanks onduidelikheid oor #NationalShutdown

9 Junie 2022

Daar is nog geen duidelikheid oor ‘n sogenaamde #NationalShutdown wat tans die rondtes op sosiale media doen nie.

Dit kom nadat berigte vroeër vandeesweek begin versprei het waarin daar beweer word dat die land op 10 Junie tot ‘n stilstand geruk gaan word, weens die stygende brandstofpryse.

Die EFF het na die aankondiging van Junie se brandstofprys gedreig om ‘n stilstand te eis indien daar geen oplossing gebied word nie. Dié party, taxi-verenigings en ander organisasies doen egter afstand van so ‘n nasionale stilstand.

Die sekerheidsmaatskappy, Fidelity het egter gewaarsku dat sporadiese optogte en geweld plek-plek nie ontmoontlik is nie. Die maatskappy het ook benadruk dat taxi-verenigings ontken dat hulle agter die beweerde optog is.

LEES OOK: NOG GEEN BEVESTIGING OOR NASIONALE STILSTAND OP 10 JUNIE NIE, SÊ ORGANISASIE

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het in ‘n sitrap gesê dat die waarskynlikheid vir ‘n nasionale stilstand is klein is nadat die taxi-vereniging, Santaco en die EFF afstand gedoen het van enige planne.

“Daar bestaan wel ’n moontlikheid vir kleiner plaaslike shutdowns of betogings wat uitgevoer kan word deur individue of groepe wat hulle eie agendas dryf of die momentum probeer misbruik tot hulle eie voordeel,” sê Schalk de Beer verbonde aan AfriForum se gemeenskapsveiligheid.

Intussen sê die Nasionale Gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, Natjoints en die polisie dat hul op hoë gereedheidsgrondslag is te midde van die bewerings oor ‘n nasionale stilstand. 

Die polisie sê hulle is bewus van die bewerings, maar dat daar geen bevestiging oor wie agter die beweerde optog is nie. 

Die polisie se nasionale woordvoerder, kolonel Athlenda Mathe sê hoewel daar nie enige bevestigde optogte is nie, is polisiebeamptes ontplooi en gereed sou enige kwessies ontstaan. 

Ook NatJoints het bevestig dat wetstoepassers gereed is. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende