1 Junie 2023
Die Duitse polisie, wat die ontvoering van Madeleine McCan ondersoek, het bevestig dat hulle ‘n hoeveelheid items gevind het tydens hulle onlangse soektog by die Barragem do Arade-reservoir buite die Algarve-streek in Portugal.
Die polisie het verlede week die gebied gefynkam nadat mense beweer het dat die enigste verdagte in die saak, die Duitser, Christian Brueckner gereeld die reservoir besoek het. Madeleine was drie jaar oud toe sy in 2007 tydens ‘n gesinsvakansie ontvoer is.
LEES OOK: NUWE SOEKTOG NA VERMISTE MADELEINE MCCANN BEGIN BY PORTUGESE DAM
Die Britse meisie sou verlede maand haar 20ste verjaarsdag gevier het.
Die polisie wou nie bevestig watter items gevind is nie, maar sê dit word tans getoets om te bepaal of dit aan Madeleine behoort het. Hulle het verder gesê dat die soektog na ‘n groter gebied versprei sal word nadat foto’s van Brueckner glo sekere leidrade gegee het.
Brueckner het tydens Madeleine se verdwyning in Praia da Luz gewoon, en is van verskeie seksuele misdade aangekla.
