“Polisie betaal byna R500 000 vir Cele se assistent om Rugby-eindstryd by te woon”


Luister nou

Volgende

“Polisie betaal byna R500 000 vir Cele se assistent om Rugby-eindstryd by te woon”

7 Desember 2023

Die departement van polisie het bykans R500 000 opgedok sodat die minister van polisie, Bheki Cele se uitvoerende assistent saam met hom die Rugby Wêreldbekereindstryd in Frankryk kon bywoon.

Cele het die inligting in ‘n parlementêre antwoord op ‘n vraag van die DA onthul.

Hy sê sy reisuitgawes is egter deur ‘n private maatskappy betaal, en slegs R33 000 is deur die departement betaal vir reisversekering en verblyftoelae.

Die DA se partywoordvoerder oor polisie, Okkie Terblanche sê dit is “onbegryplik” dat Cele toelaat dat byna ’n halfmiljoen rand bestee word aan ’n assistent, terwyl die polisie reeds begrotingsbeperkings, ’n tekort aan speurders en vervalle polisiekantore het.

Volgens Terblache het Cele ook nie bekend gemaak watter private maatskappy vir die reis betaal het nie, en daarom het hulle ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien om meer inligting te bekom.

Die DA sal in die nuwe jaar ‘n klag van die oortreding van die etiekwet vir lede teen Cele indien.

Foto: Action Society

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

“Polisie betaal byna R500 000 vir Cele se assistent om Rugby-eindstryd by te woon”


Luister nou

Volgende