Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Pole val nie vir ons oordadige luukse bloulig BBP beskerming nie

Nuuskommentaar: 23 Junie 2023

Deur: Jan Bosman

Interessant om die sosiale media dop te hou. Daar is maar min simpatie vir President Ramaphosa en sy uitstappie na Oekraïne en Rusland.  Daar is nog minder simpatie in Suid-Afrika vir die oordadige beskermingsgevolg in ʼn SAL vlug met meer as 100 addisionele veiligheidspersoneel en kratte wapens wat saamgevlieg het.

Die behandeling in Pole moes die ANC en senior politici drasties teruggebring het aarde toe. Dit is duidelik dat Europa en die Weste nie beïndruk is met Afrika-leiers wat met groot en luukse vertoon hulle status ten toon stel nie. Dit terwyl Afrika leiers telkens armoede pleit.

Dit is een ding om in Suid-Afrika met bloulig brigades en kavalkades en ondersteuningspersoneel rond te jaag. Dit is ook net in Suid-Afrika waar politici van die president tot die munisipale raadslid van ʼn obskure dorpie 24 uur ʼn dag beskerming ontvang.

Ons pleit armoede terwyl R2 Miljard in 2022 spandeer word aan BBP polisieskerming. Die BBP’s sluit in die president, 28 ministers en 34 adjunk-ministers, parlementêre speaker en voorsitter en nege premiers, nege provinsiale speakers en adjunkte sowel as 87 LUR’Re in. Dit sluit munisipale begrotings vir beveiliging vir raadslede en burgemeesters uit. Verlede jaar is bereken dat dit sowat R8 miljoen per individuele BBP aan beskerming kos, met 209 BBP’s wat beskerming ontvang.

Wanneer daar so lukraak met belastinggelde omgegaan word en daar bittermin aanspreeklikheid en verantwoordelikheid is dan is dit maklik om met ʼn rooi gesig ander te beskuldig. Dit beleef ons gereeld in Suid-Afrika. Pole se owerhede  het egter nie ʼn oog geknip toe hulle beskuldig is van rassisme deur Ramaphosa se hoof van die BBP beskermingspan, ene genl. Maj Wally Rhoode, nie. Inteendeel Pole het vasgestaan en Suid-Afrika is uitgevang in sy eie onvermoë en gebrekkige beplanning en koördinasie.

Die koste van R15 miljoen plus vir die gehuurde SAL vlug en soveel elite beskemingslede dui op die matelose arrogansie en grootheidswaan van die presidensiële beveiligingspan. In Johannesburg en Pretoria is ons gewoond aan die vertoon van bloulig kavalkades wat motoriste van die pad af druk en teen ongemagtigde en ongewonde snelhede hulle belangrike passasiers by die volgende afspraak moet kry. Dit is meer vir vertoon as die veiligheid van hulle passasiers.

Dit is daarom een ding om Suid-Afrikaanse wetgewing en regulasies te omseil vir politieke gedienstigheid. Dit is ʼn ander ding om dieselfde gedrag in ʼn vreemde land te gaan doen. Pole het nie geval vir die arrogansie nie en Suid-Afrika sit met eier op sy gesig.  Die vraag is hoe lank Suid-Afrikaners gaan toelaat dat ons regeer word deur die arrogansie van bloulig kavalkades? Die president het verlore aansien probeer red deur bemiddeling in Oekraïne en Rusland.

Dit terwyl daar ander prioriteite in Afrika en in sy eie land is. Mens staan skepties oor die vredesending se motiewe.  Die tyd sal leer of daar enige positiewe uitkomste was. As daar wel een les te leer was in die hele oefening is dit dalk nodig dat Suid-Afrikaners die voorbeeld van Pole se onverbiddelike houding ter harte neem om ons eie politici se arrogansie oor hulle BBP status vir eens en vir altyd tot orde te roep. Dit kan begin deur ʼn einde te maak aan onnodige bloulig kavalkades en konvooie swart motors vir politici. Dit is onnodige en oordadige vertoon.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende