Pofadder-weduwee beken skuld op man se moord


Luister nou

Volgende

Pofadder-weduwee beken skuld op man se moord

15 November 2021

Suretha Brits, die weduwee van die hotelbaas en deeltydse boer van Pofadder, Leon Brits (41), het op die eerste dag van haar verskyning in die hof skuldig gepleit op die moord-klag.

Brits het ‘n vrywillige pleitooreenkoms met die staat gesluit wat deur haar regsverteenwoordiger, advokaat Barry Roux voorgelees is.

Nadat haar pleit by die hof ingedien is, het Roux inligting oor Brits se traumatiese kinderjare aan die hof voorgehou.

LEES OOK: VERHOOR BEGIN IN NOVEMBER NÁ MOORD OP POFADDER-HOTELEIENAAR

Volgens die inligting was sy 14 jaar oud toe sy met ‘n tweeling swanger was, waarna die oorledene haar geneem het om ‘n aborsie te kry.

Hulle is getroud toe sy 19 jaar oud was en volgens haar het hulle altwee buite-egtelike verhoudings gehad.

Voorts beweer Brits dat Leon geweier het om ‘n egskeiding toe te staan toe sy hom vir een gevra het. Haar twee mede-beskuldigdes, Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) verskyn saam met haar in die hof.

Leon is op 7 Oktober 2020 met ‘n hondeketting gewurg, verskeie kere met ‘n mes gesteek en in die swembad gegooi – waar sy liggaam gevind is.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Pofadder-weduwee beken skuld op man se moord


Luister nou

Volgende