My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Deur: Esmarie Yssel

Die DA het hom tot die parlement gewend in ’n hernude poging om die Plastic View en Cemetery View informele nedersettings in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, geskuif te kry.

Inwoners van Moreletapark en omliggende gebiede voer sedert 2008 ’n stryd teen die Plastic View-nedersetting – wat minstens 10 000 inwoners in tydelike strukture huisves. Omgewings- lug-, water- en geraasbesoedeling asook die toename in misdaad word as redes aangevoer waarom die mense hervestig en diegene wat onwettig in die land is gedeporteer moet word.

Die DA-LP en die party se nasionale woordvoerder oor toedeling, Kingsley Wakelin, het aan die parlement gesê die hooggeregshof het sedert 2008 verskeie hofbeslissings gemaak betreffend die hervestiging en regulering van die omgewing en het die voortslepende vraagstuk voor die deur van die Tshwane-metro gelê wat volgens hom versuim om die hofuitsprake te eerbiedig.

Minstens 13 hofuitsprake ten gunste van die hervestiging van die besetters is sedertdien gemaak, maar nog geen daarvan is tot uitvoer gebring nie.

“Dis die inwoners van die informele nedersetting sowel as die huiseienaars in die omgewing wat geraak word en albei groepe se grondwetlike regte word geraak. Dit is tyd dat die saak op nasionale vlak aandag geniet. Dit is wel ’n baie ingewikkelde saak,” sê Wakelin.

Hy het bevestig dat diegene wat in Plastic View woon onwettig daar is.

Die Community Caring Forum in Moreletapark – onder leiding van Deirdré-Elaine van Helsdingen – verteenwoordig inwoners by die betrokke owerhede die afgelope 10 jaar.

Van Helsdingen sê hulle het reeds nege vergaderings met die bedryfshoof en groepshoofde in die Tshwane-metro asook vergaderings met verskeie burgemeesterskomiteelede gehad.

In die tussentyd het die hooggeregshof ’n uitsettingsbevel toegestaan vir die grondbesetters van die sogenaamde Withuis, privaat grond reglangs Plastic View om binne drie maande die grond te ontruim.

Van Helsdingen sê dié hofuitspraak is ’n oorwinning om Moreletapark tot sy voormalige glorie te herstel en hoop dat dit die grond gelyk sal maak vir Plastic View en Cemetery View om dieselfde pad te loop.

Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro, wat die burgemeesterkomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die DA-geleide koalisieregering in die metro tot September 2024 was – het aan Nuusweek gesê onwettige grondbesetting is ’n geweldige groot probleem wat nie net op ’n stadsraadvlak bygelê kan word nie.

“Hierdie is ’n nasionale kwessie, want die wet plaas die munisipaliteite onder groot druk om vir hulle voor te skryf dat hulle vir onwettige grondbesetters alternatiewe behuising moet verskaf asook basiese dienste, soos water, riolering en elektrisiteit. Dink jy die stad het die kapasiteit om dít te doen met meer as 500 plakkerskampe oor die stad versprei?”

Theunissen sê die wet sal moet verander en mense wat onwettig in Plastic View, Cemetery View asook by die Wolwespruit-plakkerskamp in Erasmuskloof bly sal gedeporteer moet word, maar wanneer deportasie ter sprake kom is dit nie ’n plaaslike bestuursaangeleentheid nie, maar ’n stap wat deur die nasionale departement van binnelandse sake hanteer moet word.

“Ons sal graag saam met binnelandse sake wil werk, maar gee vir ons die tande om dit te kan doen en dís waar die hande van plaaslike owerhede afgekap word,” sê Theunissen.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake sowel as die minister van binnelandse sake se hulp is intussen ingeroep.

Die Tshwane-metro het nie op Nuusweek se navrae gereageer nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye
GNOwtCrWUAAJNit
Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende