22 Junie 2021
Die vakbond, Solidariteit eis dat privaat hospitale voortaan geakkrediteer moet word om afgestudeerde mediese personeel vir internskappe te kan akkommodeer.
Volgens Solidariteit moet hierdie studente, soos met ander mediese beroepe, by privaat hospitale opleiding kan ontvang. Dit kom nadat die vakbond verskeie klagtes van sy lede ontvang het wat oor minder as twee weke vir internskappe moet aanmeld, maar steeds nie deur die staat geplaas is nie.
Die bestuurder van jeug en loopbaanontwikkeling by Solidariteit, Paul Maritz meen dit is duidelik dat die regering nie oor die kapasiteit of vermoë besit om die plasing van afgestudeerde mediese personeel te kan bestuur nie.
Hy sê Solidariteit het reeds verlede jaar ʼn formele regsproses oor soortgelyke gevalle van stapel gestuur waarna interns suksesvol geplaas is.