Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het regulasies in die Staatskoerant gepubliseer wat die verkoop, invoer en vervaardiging van voedselprodukte wat dagga bevat, verbied.
Dié regulasies – ingevolge die Wet op Voedsel, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels van 1972, – verbied enige voedsel met bestanddele afkomstig van dagga, hennepsaadolie of hennepsaadmeel.
Enigiemand wat hierdie regulasies oortree maak hulle skuldig aan ‘n misdryf en kan ‘n boete of gevangenisstraf opgelê word.
Die Wet op Cannabis vir private doeleindes is verlede jaar in die wet onderteken, maar die handel in dagga is nog nie gewettig nie en is steeds ‘n oortreding.
One Response
Plaas fokus Aaron op belangrike goed , sy hospitale is m gemors en nou stres hy oor dagga ! Waar gaan die land heen , of is dit net ek !?