Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Plakkaat teen geweld by Pretoria-hospitaal “hits geweld aan”

29 Julie 2022

’n Plakkaat wat by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria op die tweede vloer geplaas is om mense meer bewus te maak van geweld in Suid-Afrika in ’n poging om mense te skool om nie geweld te gebruik nie, “hits juis geweld aan.”

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald meen “die plakkaat is absoluut rassisties aangesien dit deurgaans verwys na apartheid se skuld vir die geweld in Suid-Afrika.”

Die plakkaat se boodskap, met sketse ter illustrasie, begin deur te sê dat mense se omstandighede tydens die apartheidsjare gelei het tot “woede en geweld” omdat hul menseregte geskend was.

Dit gaan voort deur te sê mense het swak mediese geriewe gehad, nie genoeg kos en skoon drinkwater nie en dat hulle gely het onder geweld van die polisie en die weermag.

Ook dat jong mense nie ʼn goeie opvoeding gehad het nie wat hulle verhinder het om goeie werk te kry.

Groenewald sê hierdie plakkaat is nie net rassisties nie, maar dit regverdig geweld teen die agtergrond van apartheid en vertroebel rasseverhoudinge.

“Ek beskou dit in ʼn ernstige lig en sal ʼn skrywe stuur aan die minister van verdediging, Thandi Modise, om daarop aan te dring dat die plakkaat oral verwyder word,” sê Groenewald.

Volgens hom moet daar wegbeweeg word van die gebruik om weens eie onbevoegdheid vir dienslewering en talryke ander maatskaplike probleme, die skuld vir alles op apartheid te plaas.

“Daar kan nooit enige regverdiging wees vir geweld wat in die algemeen ook gemik is teen vroue en kinders nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende