Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Plaasmoordenaars steek huis met bejaarde egpaar in, aan die brand

21 April 2022

‘n Egpaar is dood nadat hulle op hul plaas in Levubu in Limpopo aangeval is, waarna die verdagtes die huis – met die paartjie daarin – aan die brand gesteek het.

Die egpaar is intussen geïdentifiseer as die 71-jarige Louis Cloete en sy 65-jarige vrou, Ina.

Volgens ‘n lid van die Vhembe-landelike veiligheidseenheid, wat anoniem wil bly het hy laat gistermiddag rook gesien wat uit die huis gekom het. Hy het in die rigting van die huis gery, waarna twee mans met die eienaar van die plaas se bakkie in sy rigting gery het.

Die lid wou by hulle weet wat by die huis aangaan waarna hulle uit die bakkie gespring het en weggehardloop het. Gesteelde vuurwapens is in die bakkie gevind. 

Volgens die plaaslike koerant, die Zoutpansberger is die Cloete’s se lewelose liggame is vasgebind binne die huis gevind nadat die vlamme geblus is. Die hele huis het afgebrand.

Louis en Ina was lidmate van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt-gemeente.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Ander Nuus Artikels

Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende