Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Piet Retief: Video wys glo dat staatsgetuies “leuens vertel” oor gebeure op plaas

26 April 2021

Die regsverteenwoordiger van een van die vyf mans, wat onder meer twee aanklagte van moord in die gesig staar, sê ‘n video-opname van 9 April se gebeure op die Pampoenkraalplaas in die Dirkiesdorp-omgewing wys glo dat van die staat se getuies jok. 

Die vier boere en plaasvoorman se borgtogaansoek duur vandag in die Piet Retief-landdroshof voort. Dit kom nadat die broers, Amos en Zenzele Coka glo op die plaas doodgeskiet is. 

Die vyf mans het in hul eedsverklarings aangevoer dat hulle uit noodweer opgetree het toe ‘n onwettige betoging, volgens die verklarings op die plaas uitgebreek het.

Volgens advokaat Jaap Cilliers toon die statiese videokameras se beeldmateriaal dat die staat se getuies glo leuens vertel.

Cilliers sê die beeldmateriaal is van ’n hoë gehalte en wys glo duidelik dat daar ’n struweling was tussen die twee broers was. Dit te midde van bewerings dat een van die broers sy eie broer geskiet het.

Die staat en verdediging het ooreengekom dat die video nié in die hof gewys sal word nie, maar dat daar wel na die video verwys mag word soos wat die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Vukile David Nhlapho verder ondervra word.

Nhlapo het intussen tydens vanoggend se ondervraging toegegee dat hy die video gesien het en dat dit daaruit blyk dat van die staat se getuies wel leuens vertel.

Volgens hom blyk dit in die video of die boere en hulle plaaswerkers kalm voorgekom het tydens die gebeure.

Nhlapho het getuig dat hy nie voorheen bewus was van die video nie, maar meen die ondersoek duur nog voort. Hy sê daar is nog heelwat verklarings wat afgeneem moet word.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende