Die polisie is op hoë gereedheidsgrondslag in Piet Retief in Mpumalanga waar vyf mans weer vandag verskyn in verband met ‘n skietvoorval op die Pampoenkraalplaas in die Dirkiesdorp-omgewing.
Die vier boere en plaasvoorman staar onder meer twee aanklagte van moord in die gesig nadat die broers Amos en Zenzele Coka op 9 April op die plaas doodgeskiet is.
Die mans het verlede week in hulle eedsverklarings aangevoer dat hulle uit noodweer opgetree het omdat ‘n onwettige betoging volgens hulle uitgebreek het.
The situation outside the Piet Retief magistrate's court as five men accused of killing the Coka brothers are expected to appear in court for bail application. Stay tuned on @Newzroom405 for more on this story. pic.twitter.com/FTGG65ShRt
— Mweli Masilela (@mwelimasilela) April 26, 2021
‘n Sesde verdagte in die saak is nog in die hospitaal nadat hy glo tydens die voorval aangerand is. Nog ‘n boer is ook glo aangerand.
Die hoof-ondersoekbeampte, adjudant-offisier Davidd Nhlapo het egter tydens sy getuienis aanvoer dat die broers na bewering tot die redding gekom het van plaaswerkers wat glo op die plaas was om vir werk te onderhandel.
Intussen word motoriste ook by ‘n padblokkade sowat vyf kilometer voor die dorp voorgekeur. Dit nadat gemoedere by alle vorige hofverskynings hoog geloop het.
#PietRetief Tight security outside Piet Ritief Magistrate's Court in Mkhondo. The bail application hearing of five accused in the murder case of Zenzele & Mgcini Coka continues today. Police say they expect more protesters outside court. #eNCA pic.twitter.com/XAbmDgZBUI
— Siphamandla Goge (@SiphamandlaGoge) April 26, 2021