Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Piet Retief: Mans hoor waarskynlik vandag of borgtogaansoek slaag

30 April 2021

Die vyf mans wat verbind word met die dood van twee broers, sal na verwagting vandag in die Piet Retief-landdroshof hoor of hulle op borg vrygelaat sal word.

Die mans is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem, na die skietvoorval op 9 April op die Pampoenkraalplaas in die Dirkiesdorp-omgewing.

Die staat beweer die broers, Zenzele en Amos Coka het tot die redding gekom van ’n groep plaaswerkers wat wou onderhandel vir werk.

LEES OOK: PIET RETIEF: BORTOGAANSOEK WEER UITGESTEL

Die staat se Robert Molokoane het vandeesweek aangevoer dat die vyf deel gevorm het van ‘n sogenaamde komplot en het ‘n gemeenskaplike doel gehad om moord te pleeg.

Een van die mans se regsverteenwoordiger, advokaat Jaap Cilliers het egter Maandag ‘n video bekend gestel, wat deur middel van statiese videokameras op die plaas vasgevang is.

Hy meen in die video kan byvoorbeeld gesien word hoe die twee Coka-broers in ‘n stryery betrokke raak en dat die boere volgens hom nie geweldadig opgetree het nie.

LEES OOK: PIET RETIEF: VIDEO WYS GLO DAT STAATSGETUIES “LEUENS VERTEL” OOR GEBEURE OP PLAAS

Intussen sal die polisie na verwagting vandag weer op hoë gereedheidsgrondslag buite die hof wees. Dit kom te midde van honderde betogers wat sedert die mans se eerste hofverskyning buite die hof saamgedrom het.

Hulle eis onder meer dat die mans nié op borg vrygelaat moet word nie. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe het buite die hof gesê dat die polisie hulle hande sal vol hê indien die mans se borgtogaansoek slaag.

LEES OOK: FAMILIE VRA DAT GEEN ONDERSTEUNERS MAANDAG NA PIET RETIEF-HOF OPRUK NIE

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende