Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Piet Retief: Bortogaansoek weer uitgestel

26 April 2021

Die borgtogaansoek van vyf mans, wat weer vandag in die Piet Retief-landdroshof verskyn het, is tot Woensdag 28 April uitgestel.

Die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Vukile David Nhlapho is deur die loop van die dag deur twee van die mans se regsverteenwoordigers onder kruisverhoor geneem.

Die vier boere en plaasvoorman staan tereg op onder meer twee aanklagte van moord nadat twee broers, Zenzele en Amos Coka op 9 April op die Pampoenkraalplaas in die Dirkiesdorp-omgewing doodgeskiet is. Die mans het onder meer in hul eedsverklarings aangevoer dat hulle uit noodweer opgetree het en ook dat een van die broers deur sy eie broer doodgeskiet is.

Die saak het ook vanoggend ‘n interessante wending geneem toe een van die regsverteenwoordigers, advokaat Jaap Cilliers bevestig het dat statiese videokameras, op die plaas, die voorval vasgevang het en dat staatsgetuies se weergawes glo nie ooreenstem met die beeldmateriaal nie.

LEES OOK: PIET RETIEF: VIDEO WYS GLO DAT STAATSGETUIES “LEUENS VERTEL” OOR GEBEURE OP PLAAS

Nhlapo het toegegee dat hy die video gesien het en het erken dat van die staatsgetuies dus leuens vertel het.

Nhlapho het verder getuig dat die toneel teen die volgende dag (10 April) reeds oopgestel was en dat die polisie geen wapens soos stokke op die toneel ingesamel het nie.

Intussen was daar buite die hof ‘n oproerigheid oor ‘n man, wat na bewering as ‘n joernalis die hofverrigtinge bygewoon het. Mense buite die hof het volgens sosiale media-inskrywings aangevoer dat hy nie die reg het om die saak by te woon nie.

https://twitter.com/SiphamandlaGoge/status/1386696061750845444

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende