5 April 2023
‘n Pienk diamant – The Eternal Pink – kan volgens die beeldende kunsmaatskappy, Sotheby’s ‘n nuwe per karaat rekord opstel vir die duurste diamant of edelsteen wat nog ooit verkoop is.
Volgens die maatskappy is die diamant 10.57 karaat, foutlose diamant. Die koste word tans geplaas op $35-miljoen of sowat R630-miljoen, maar dit kán vir veel meer verkoop word.
Die huidige rekord vir die per karaat diamant, is die Williamson Pink Star van 11.15 karaat wat in 2022 deur Sotheby’s in Hong Kong verkoop is vir $57,7-miljoen. Dit beteken dat een karaat sowat $5,2-miljoen kos.
Die Eternal Pink het sy lewe begin as 23,78 karaat growwe diamant wat in De Beers se Damtshaa-myn in Botswana gevind is.
Die diamant sal op 8 Junie deur Sotheby’s verkoop word.