Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Phokwane se Spring Bonanza – raadslede self skuld meer as R1,1 miljoen

10 September 2024

Die Phokwane-plaaslike munisipaliteit, wat Hartswater, en omliggende gebiede in die Noord-Kaap dien, het onlangs sy Spring Bonanza-veldtog geloods in ʼn poging om ʼn deel van die sowat R1-miljard wat inwoners die munisipaliteit skuld, in te vorder.

Die veldtog geld slegs vir agterstallige diensterekeninge en nie vir eiendomsbelasting nie. Die VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, Rickus Te Baerts sê hiervolgens sal agterstallige rekeninge teen ʼn rand vir ʼn rand afgeskryf word.

Hy meen daar blyk egter ʼn belangebotsing te wees aangesien daar raadslede is wat gesamentlik byna R1,14-miljoen skuld wat langer as 90 dae agterstallig is. Hy sê dit is volgens die mees onlangse syfers wat aan die raad voorgelê is.

Te Baerts sê omstrede deel van die raad se besluit is dat dit nie net op rekeninge van toepassing is wat langer as 90 dae agterstallig is nie, maar ook op rekeninge wat op datum is.

“Die debat oor die veldtog het daarna herhaaldelik ʼn rassistiese koers ingeslaan. Sommige raadslede sê wit mense is voorheen bevoorreg en moet betaal terwyl daar teen swart inwoners gediskrimineer is,” sê Te Baerts.

Hy sê dit is nog altyd die VF Plus se standpunt dat dienstegelde nie afgeskryf moet word nie en dat dit net die kultuur van nie-betaling sal bevorder, ook onder getroue belastingbetalers.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende