30 November 2022
Oud-regter Sandile Ngcobo sê dit was nie deel van dié artikel 89-komitee se werk om bewysstukke van die Valke in te samel om aan die parlement voor te lê in sy Phala Phala verslag nie.
Ngcobo – wat die voorsitter van dié komitee is wat ondersoek moes instel oor die aangeleentheid op president Cyril Ramaphosa se Bosveldplaas – het gepraat tydens die oorhandiging van die verslag aan die parlement.
LEES OOK: RAMAPHOSA ONTKEN SKULD OOR PHALA PHALA-KWESSIE
Die verslag sal nou gebruik word as grondslag om te besluit of die parlement teen Ramaphosa gaan optree al dan nie.
Enige ondersoek en optrede deur die parlement staan onafhanklik van enige moontlike strafregtelike ondersoek en optrede.
Die inhoud van die verslag sal vanaand openbaar gemaak word en op die 6e Desember sal parlementslede die geleentheid kry om die aanbevelings in dié verslag te bespreek.