17 Desember 2021
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla sê dit is belangrik om dié feestyd verantwoordelik op te tree sodat daar nie ‘n drastiese styging in Covid-19-gevalle voorkom nie.
Hy hou vanoggend ‘n mediakonferensie oor die stand van die pandemie in Suid-Afrika. Hy sê die virus en veral die Omikron-variant versprei vinnig in die land, maar gelukkig is die herstelkoers steeds 91-persent.
Phaahla sê tans is daar ongeveer 348 hospitalisasies per dag, met ‘n gemiddelde van 20 0000 nuwe gevalle wat aangemeld word. Hy meen dit wys dat die nuwe vlaag se simptome baie ligter is.
Intussen het die minister gister aangekondig dat geen strenger inperkingsmaatreels sal oor die vakansietydperk ingestel sal word nie.
Hy het gisteroggend in ’n mediaverklaring gesê die regering het besluit om op die aangepaste vlak 1-inperking te bly nadat die nasionale Covid-19-bevelsraad Dinsdagaand vergader het.
Phaahla het Suid-Afrikaners gevra om verantwoordelik te wees in die feestyd, om hulle te laat inent en die Covid-19-maatreëls na te kom.