8 Desember 2021
Die entstof wat BioNTech en Pfizer teen die koronavirus ontwikkel het, is na drie dosisse effektief teen die Omikron-variant.
Dit is die mening van die maatskappye wat dié entstof vervaardig.
‘n Laboratorium-studie – waarvan die die uitslag vandag gepubliseer is – toon dat twee dosisse nie effektief is teen die die nuutste variant van belang nie, maar dat drie dosisse voldoende is om die liggaam teen Omikron ook te beskerm.
Volgens die studie verskaf ‘n derde dosis ‘n soortgelyke vlak van neutraliserende teenliggaampies teen Omikron as wat na twee dosisse waargeneem word vir ander variante.
Pfizer en BioNTech het ook gesê dat ‘n Omikron-spesifieke weergawe van die koronavirus-entstof teen Maart beskikbaar sal wees.
Die uitvoerende hoof van Pfizer, Albert Bourla sê hoewel twee dosisse van die entstof steeds beskerming bied teen ernstige siektes wat deur die Omikron-stam veroorsaak word, is dit duidelik uit hierdie voorlopige data dat beskerming verbeter word met ‘n derde dosis van hulle entstof.