28 April 2023
Motoriste met petrolvoertuie kan ‘n styging in die prys van petrol te wagte wees, terwyl dieselverbruikers ‘n klein verligting kan verwag.
Volgens die AA sal die prys van 93-oktaan petrol met 56-sent ‘n liter styg, en 95-oktaan petrol met 52-sent ‘n liter, wanneer die nuwe pryse volgende week in werking tree.
Diesel gaan volgens verwagting met tussen 31- en 57-sent ‘n liter goedkoper wees.
Die AA sê die daling in die dieselprys sal verligting bring aan kosprodusente, en kan moontlik lei tot ‘n meer gunstige inflasiekoers vir Mei maand.