17 Junie 2022
‘n Aanlyn petisie is begin om die Curro skolegroep te dwing om sy verpligte inentingsbeleid teen Covid-19 te hersien.
Die groep hou vol dat die beleid daar gestel is om die veiligheid en gesondheid van sy personeel te verseker. Die groep se woordvoerder, Mari Lategan sê ingevolge die gesondheidsregulasies is dit hulle belangrikste prioriteit om ‘n veilige omgewing te skep.
Ondertekenaars van die petisie sê Curro ontneem hul van hul reg op vrye keuse. Teen Woensdagmiddag is die petisie reeds meer as 1 000 keer onderteken.
Lategan sê die tugproses is reeds begin teen diegene, wat steeds weier om ingeënt te word.
Verskeie ander groot maatskappye, soos Media24, asook universiteite soos due Universiteit van Kaapstad het intussen afgesien van ‘n verpligte inentingsbeleid.