10 Augustus 2022
Die Steve Biko Akademiese Hospitaal het bevestig dat ‘n persoon van die sesde verdieping na sy dood geval het.
‘n Woordvoerder van die hospitaal, Lovey Mogapi, sê die persoon het aan sy beserings beswyk nadat hy op die derde verdieping beland het.
Mogapi sê die hospitaal kan nie meer besonderhede bekend maak sonder die skriftelike toestemming van die oorledene se naasbestaandes nie.
Dié voorval volg op ‘n onverwante geval waar ‘n man die afgelope naweek vanaf die boonste verdieping van Menlyn Park-winkelsentrum na sy dood geval het.