19 November 2024
Die Persombud het die koerant Sunday World beveel om verskoning te vra aan die burgerregteorganisasie, Afriforum.
Sunday World het in Augustus vanjaar ‘n berig geplaas waarin hulle aangevoer het dat “AfriForum weier om die moord op swart mense te veroordeel.”
Die koerant het ook beweer dat AfriForum berigte steun dat daar ‘n volksmoord uitgevoer word teen wit mense.
Die Sunday World moet die verskoning in sy volgende uitgawe publiseer.
Intussen het AfriForum onlangs nog ‘n klagte ingedien teen dieselfde koerant, nadat die Sunday World berig het dat AfriForum en sy bondgenote “die apartheidvlag tydens die Bela-protesoptog laat wapper het”, en dat die organisasie neerhalende kommentaar gemaak het oor die ANC.
Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel meen die koerant poog “om met sy vals beriggewing die gesprekke oor die Bela wet te saboteer.”
Die koerant het nog nie gereageer nie.
The Press Ombud finds that Sunday World must apologize to AfriForum for publishing lies:
— Kallie Kriel (@kalliekriel) November 19, 2024
The Ombudsman found @SundayWorldZA guilty of falsely reporting on August 25 that @afriforum “refused” to condemn murders of black people, despite AfriForum being on record as condemning… pic.twitter.com/vL4NnLGy9t