25 Oktober 2021
Die 33-jarige Reinhardt Leach en die 24-jarige Dylan Cullis het vlugtig in die landdroshof op Port Elizabeth (Gqeberha) verskyn op aanklagte van moord nadat Vicky Terblanche (42) se liggaam Saterdag in ‘n vlak graf gevind is.
Leach was ten tyde van die moord in ‘n verhouding met Terblanche en het haar die vorige dag as vermis by die polisie aangemeld.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu sê polisiebeamptes is Vrydagaand na ‘n verdagte huis in Millpark gelei nadat hulle met hulle ondersoek begin het.
Sy sê met polisiebeamptes se aankoms by die huis, was alle deure ook die motorhuis se deur wawyd oop en het Leach by die huis opgedaag en aangedui dat hy die eienaar van die huis is. Na verdere ondervraging het die polisie ook besluit om Leach se vriend, Cullis by sy huis in Newton Park te ondervra.
“Honde van die polisie se K9-eenheid is ingespan, waarna Terblanche se liggaam in ‘n vlak graf in Greenbushes gevind is.” Die oorsaak van haar dood sal nou deur middel van ‘n nadoodse ondersoek bepaal word.
Terblanche het ‘n 12-jarige seun uit ‘n vorige huwelik.
Stem vir die Aitsa’s