Parys-waterkrisis: VF Plus dring aan op ministeriële ingryping


Luister nou

Volgende

Parys-waterkrisis: VF Plus dring aan op ministeriële ingryping

27 Julie 2021

Die VF Plus sê Parys in die Vrystaat gaan reeds vir jare lank gebuk onder waterprobleme, maar nou sit inwoners weer alreeds vir drie weke sonder water.

Die VF Plus-LP, Tammy Breedt sê die party het ‘n skrywe gerig aan die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, om spoedige ingryping te versoek weens dié dorp, wat al vir maande lank, beurtwater in sekere gebiede het.

LEES OOK: NOORDWES SE WATER NIÉ AFGESNY

“Die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Edenville, Heilbron, Koppies, Vredefort) gaan gereeld gebuk onder sy eie rioolprobleme sowel as aangrensende munisipaliteite se riool wat stroomaf tot in Parys vloei en ‘n onleefbare situasie skep,” sê Breedt.

Volgens haar word die situasie vererger weens die aantal aftreeoorde en ouetehuise in die betrokke gebied. ” Dit is ‘n groot risiko vir bejaardes en die gemeenskap as geheel en die nakoming van Covid-19-protokolle word onmoontlik gemaak.”

LEES OOK: RAND WATER MAAK KLAGTES AANHANGIG WEENS “BELEDIGENDE” E-POSSE

Sy sê watertenks wat veronderstel is om inwoners te help, is onbetroubaar en meestal afwesig. Hierdie watertenks word teen groot koste gehuur aangesien Ngwathe nie sy eie watertenks het nie.

“Indien die ANC-regering deurlopend die infrastruktuur in stand gehou het met die munisipale infrastruktuurtoelaag tot sy beskikking, sou die haglike situasie vermy kon word,” sê Breedt.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Parys-waterkrisis: VF Plus dring aan op ministeriële ingryping


Luister nou

Volgende