3 September 2021
Die jongste register vir ledebelange van ongeveer 866 bladsye is uitgereik oor geskenke wat parlementslede ontvang het.
Dié register is vir geskenke wat tot November 2020 ontvang is. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor het ‘n luukse horlosie ter waarde van R38 000 van die ambassadeur van Katar ontvang. Sy het ook ‘n leerhandsak, dadels en olyfolie ontvang.
Die DA se hoofsweep, Natasha Mazzone het verklaar dat sy gratis haarstilering- en -kleuring ter waarde R1500 per maand ontvang. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma het aandele in Sanlam en Sasol en het drie eiendomme in KwaZulu-Natal gekry. Twee van dié huise het ses slaapkamers.
Die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi het onder meer ‘n koei ter waarde van R13 000 deur die AbaThembu-stam in die Oos-Kaap ontvang.
Die voormalige minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize het verskeie geskenke van die Kubaanse regering ontvang, onder meer parfuum, kubaanse sigare en drie bottels rum.
Die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, verklaar dat hy ’n Huawei-slimfoon ter waarde van R16 500 van dié maatskappy geskenk gekry het.
Stem vir die Aitsa’s