Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

“Parlementêre vrae aan ministers is nie opsionele huiswerk nie,” sê ActionSA

ActionSA sê dit is onaanvaarbaar dat daar sommige ministers in die kabinet is wat parlementêre vrae herhaaldelik ignoreer.

ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip sê al het parlementslede weer hulle vrae, formeel ingedien word dit steeds nie beantwoord nie. Hy meen dit weerspieël ‘n kommerwekkende minagting vir parlementêre toesig en aanspreeklikheid.

Volgens Trollip het die party die afgelope jaar 121 vrae in die parlement ingedien, waarvan 86 nog nie beantwoord is nie. Hy sê dit beteken dus dat 70% van hulle pogings om die regering verantwoordbaar te hou, op dooie ore val.

Trollip sê ActionSA het reeds in November verlede jaar dié kwessie onder die speaker se aandag gebring, en dit direk met ministers bespreek.

Hy meen dit is nie net blote verwaarlosing nie, maar is ‘n ernstige skending van parlementslede se grondwetlike mandaat.

“ActionSA oorweeg regstappe indien die kultuur van onbeantwoorde vrae voortduur.”

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tax,Accountant,And,Financial,Advisor,Using,Bill,Calculator

Suid-Afrikaners skuld R2,5-triljoen

489460637_1088367563330298_3854740935098125471_n

Vaalrivier: ‘n Vyfde sluis oopgemaak

pretoria fm image

Nóg ’n deurslaggewende hofoorwinning vir Pretoria FM

TSHWANE2

Nuuskommentaar: Betaal is (steeds) die wet van Transvaal

Internasionale perspektief

Le Pen en die vervolging van politici

Ander Nuus Artikels

CYRIL-11
Presidensiële Nuusbrief: 2025 begroting positief vir ekonomiese groei
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“SAUK moet verduidelik waarheen die Afrikaanse nuusbulletin verdwyn het”
Tax,Accountant,And,Financial,Advisor,Using,Bill,Calculator
Suid-Afrikaners skuld R2,5-triljoen
489460637_1088367563330298_3854740935098125471_n
Vaalrivier: ‘n Vyfde sluis oopgemaak
pretoria fm image
Nóg ’n deurslaggewende hofoorwinning vir Pretoria FM

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende