Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Parlement: Verdagte voorlopig met paranoïese skisofrenie gediagnoseer

11 Januarie 2022

Die 49-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy die brand by die parlement in Kaapstad begin het, Zandile Christmas Mafe se regspan wil voortgaan met sy borgtogaansoek.

Hy het vanoggend weer vlugtig in die Kaapstad landdroshof verskyn en word deur advokaat Dali Mpofu verteenwoordig, wat ook al oud-president Jacob Zuma se regsake behartig het. 

LEES OOK: PARLEMENT SE SPRINKELKLEP NIE GEDIENS NIE, LUIDENS ONDERSOEK

Behalwe vir brandstigting, roof, die besit van ‘n plofbare toestel en die vandalisering van ‘n sleutelgebou, is ‘n klag van terreur ook by Mafe se klagstaat gevoeg. Dit word beskou as ‘n skedule ses oortreding.

Mpofu sê hulle gaan voort met die borgtogaansoek ondanks die voorlopige diagnose van paranoïese skisofrenie. Hulle voer onder meer aan dat sy diagnose nie verband hou met sy borgtogaansoek nie.

“Mafe is al reeds byna 10 dae in polisieaanhouding. Ondanks sy diagnose, hy bly ‘n mens,” het Mpofu aangevoer.

LEES OOK: “VERBAND TUSSEN ONLUSTE, BRAND BY PARLEMENT EN GRONDWETHOF-AANVAL,” SÊ NZIMANDE

Intussen was daar ‘n groep mense wat buite die hof ‘n optog ter ondersteuning van Mafe gehou het. Hulle meen hy moet vrygelaat word.

https://twitter.com/freeZANDILEMAFE/status/1480839645558620161

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende