7 Januarie 2022
Die verslag van die Kaapstadse brandweer oor die brand wat die parlementsgebou in puin gelê het, het bevestig dat die Nasionale Vergadering se sprinkelklep sedert 2017 nie gediens is nie en boonop toegedraai was ten tyde van die brand.
Die verslag het ook bevestig dat die branddeure oopgemaak was, wat daartoe bygedra het dat die vuur versprei.
Die stasiebevelvoerder, JJ Williams het onder andere dié bevindinge in sy verslag geskryf en het ook gemeld dat die sprinkelklep – volgens regulasies – elke drie jaar versien moet word.
Williams het ook gemeld dat dit veronderstel was om met ‘n ketting in die “oop” verstelling geseël te wees met ‘n blokplan wat die stelseluitleg toon byderhand.
Luidens die verslag het die hysers steeds gewerk, ten spyte van ‘n “breekglas”-eenheid wat by een hyser geaktiveer is, en wat die hysers buite werking moes stel.
Die minister van openbare werke, Patricia De Lille, het Dinsdag aan die parlement gesê dat die sprinkelstelsel teen Oktober 2021 “ten volle funksioneel” was.
The City would like to extend its heartfelt gratitude to our firefighters, emergency workers, law enforcement and traffic officials as well as volunteer firefighters for their tireless efforts in containing the #ParliamentFire.
— City of Cape Town (@CityofCT) January 4, 2022
Together we can achieve more. #OneCityTogether. pic.twitter.com/xjgB42qeeO