19 Augustus 2021
Lede van die parlement stem tans vir ‘n nuwe speaker nadat president Cyril Ramaphosa vir Thandi Modise aangestel het as die minister van verdediging en militêre veterane.
Die voormalige minister van dié departement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula is die ANC se kandidaat vir speaker van die parlement, terwyl die DA dr. Annelie Lotriet se naam in die hoed gegooi het.
Die DA meen Lotriet het talle jare se ervaring in die parlement en dien tans op die etiek-komitee. Die party se hoofsweep, Natasha Mazzone sê Mapisa-Nqakula is nié geskik vir die pos nie weens talle aanklagte van wangedrag teen haar.
“In al haar jare as lid van die kabinet was sy ‘n skande vir Suid-Afrika en kan nie toegelaat word om ‘n bespotting van die Parlement te maak nie,” meen Mazzone.
Sy sê daar is tans ‘n ondersoek teen Mapisa-Nqakula wat na bewering omkoopgeld aanvaar het van kontrakteurs vir militêre aangeleenthede. Die voormalige minister het – volgens Mazzone – na bewering luukse geskenke ontvang en R7-miljoen aan vlugte bestee.
Hou Afrikaans op die lug