Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Parlement gevra om nuwe raswet te debatteer en te stop 

13 Junie 2023

Die Kaapse Forum en Solidariteit vra dat die nuwe indiensnemingsregulasies ingevolge die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming onderwerp word aan ‘n spesiale parlementêre debat én stopgesit word. 

Die burgerregteorganisasie en vakbond het saam met gemeenskapsleiers vanoggend die parlement in Kaapstad gepetisioneer. Volgens die petisie is die nuwe wet en regulasies ongrondwetlik en irrasioneel.

LEES OOK: SOLIDARITEIT DAGVAAR PRESIDENT RAMAPHOSA OOR “RASWET” 

Die uitvoerende voorsitter van die Kaapse Forum, Heindrich Wyngaard, meen die impak van die nuwe raswet en -regulasies sal groot ontwrigting in Suid-Afrika tot gevolg hê. “Dit is suiwer ʼn raswet wat die samelewing op grond van ras klassifiseer en manipuleer.”

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, het op sy beurt gesê dat ‘n parlementêre debat oor die wet noodsaaklik is omdat dit as sosiale manipulasie beskou kan word.

“Die gevolge van die wet wat deur die parlement aanvaar is, is duidelik. Dit regverdig nie net ʼn parlementêre debat nie, maar maak dit noodsaaklik. Suid-Afrika sal wil hoor hoe die parlement hierdie soort sosiale manipulering kan regverdig,” sê Hermann.

LEES OOK: SOLIDARITEIT VRA MAATSKAPPYE OM SAAM TE STAAN TÉÉN REGERING SE RASWETTE

Die regulasies vereis dat poste vir bruin werknemers met 25% en dié vir wit en Indiërwerknemers met 66% verminder moet word.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Roelf

Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei

arv in water 2 ander formaat

TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER

POLISIE2

VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412

DBV ruk resiesperdbedryf in die bek

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

Ander Nuus Artikels

Tungsten,Light,Bulb,Lit,On,Black,Background
Dele van die Tshwane-metro binnekort vir byna 10 ure sonder krag
SAL - Waldo Swiegers - Bloomberg
SAL VERLOOR WEER HOOGTE
uniegebou
VERSKEIE PROTESOPTOGTE IN PRETORIA
Roelf
Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei
arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER

Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende