21 Junie 2022
Twee ER24-paramedici van Polokwane/ Pietersburg is dood nadat hulle net na middernag met hulle ambulans in ‘n ongeluk betrokke was.
Die ER24-woordvoerder, Russel Meiring sê die paramedici is op die toneel dood verklaar toe hulle met die ambulans teen die vragmotor se agterkant op die N1-snelweg naby die Codrington-afrit, vasgejaag het.
Meiring sê die paramedici was op pad terug na hulle kantoor in Polokwane nadat hulle ‘n pasiënt by ‘n hospitaal afgelaai het, toe die ongeluk plaasvind.
Volgens Meiring word die ongeluk ondersoek.
[STATEMENT] – ER24 medics in fatal collision.
— ER24 EMS (Pty) Ltd. (@ER24EMS) June 21, 2022
Full statement:https://t.co/m9cZcjRt10