18 Maart 2024
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi sê hy is uiters bekommerd oor die voortslepende waterkrisis in die provinsie.
Dit kom nadat Rand Water die afgelope naweek ‘n noodvergadering met die onderskeie metro’s in die provinsie gehou het oor die watersituasie en het ook ‘n dringende beroep op mense gedoen om water spaarsaam te gebruik.
Die watertoevoer na verskeie reservoirs in die Tshwane-metro moes gesny word. In Johannesburg geld vlak 1-waterbeperkings tans.
Lesufi sê hy sal toesien dat die krisis voor die einde van die week opgelos word. Hy sê hy het die onderskeie ministers, en die nasionale en provinsiale regerings oor die kwessie genader.