27 Junie 2022
Panyaza Lesufi is as die ANC se voorsitter in Gauteng verkies.
Hy het sy teenstander, die LUR vir samewerkende regering in Gauteng, Lebogang Maile met 575 stemme teenoor 543 stemme geklop.
Die ANC in Gauteng het die naweek sy provinsiale verkiesingskonferensie gehou, maar die uiteindelike verkiesing is eers in die vroeë oggendure voltooi, na die kongres vertraging op vertraging in die gesig gestaar het.
Lesufi het nou die taak om die ANC in die provinsie voor die 2024 verkiesing reg te ruk, en te probeer om hul steun in die land se grootste metros te herwin.
https://twitter.com/Lesufi/status/1541205885904642049