8 November 2021
Christopher Panayiotou, die veroordeelde baasbrein in die moord op sy vrou, Jayde het deur die loop van die dag in die Port Elizabeth hooggeregshof vir die staat in hulle saak teen die vermeende middelman, Luthando Siyoni getuig.
Die staat voer aan dat Panayiotou in 2015 vir Siyoni gehuur het om ‘n moordenaar te vind om sy vrou buite hulle meenthuis in Port Elizabeth (Gqeberha) te vermoor. Siyoni was op daardie stadium ‘n werknemer van Panayiotou.
Dit is die eerste keer dat Panayiotou self in die hof getuig oor die moord en ook die eerste keer dat hy erken het dat hy Jayde se moord georkestreer het. Volgens sy getuienis is die moord reeds agt maande van te vore beplan en het hy ongeveer R80 000 daarvoor betaal.
Tydens Panayiotou se verhoor is Siyoni as ‘n artikel 204-staatsgetuie opgetree, wat hom van vervolging sou vryspreek indien die hof gevoel het dat sy getuienis eerlik en opreg was. Hy het egter nie saamgewerk nie, daarom die vervolging.
Panayiotou is in 2017 skuldig bevind aan die huurmoord op Jayde en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, wat hy reeds in die St Albans gevangenis uitdien.
Panayiotou het Jayde se familie verbaas toe hy vanmiddag, nadat sy getuienis afgehandel is, om verskoning gevra het vir die seer wat hy vir alle rolspelers veroorsaak het. Hy meen hy verwag nie enige vergifnis nie, maar is wel baie jammer oor sy dade.
Die saak duur môre voort.