12 Mei 2023
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, NIOS, het ‘n uitbreking van pampoentjies in Suid-Afrika bevestig.
Die virusinfeksie – wat hoofsaaklik kinders tussen die ouderdomme van vyf en nege raak – kan deur inenting vermy word.
Pampoentjies veroorsaak pynlike swelling van die parotis en/of speekselkliere, en is oor die algemeen ‘n ligte kindersiekte.
Volgens NIOS kon daar al vroeër gevalle van pampoentjies in die huidige uitbreking voorgekom het, aangesien dit nie as ‘n aanmeldbare mediese toestand geklassifiseer word nie en nie by enige formele toesigprogram ingesluit is nie.
Since February 2023, the NICD has received a number of queries related to possible clusters or outbreaks of #mumps in different provinces. 30 mumps PCR positives (11 (37%) in 2023) were identified. Read more here https://t.co/ocdXqe9TUQ
— NICD (@nicd_sa) May 11, 2023