My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

PAIA-aansoek ingedien oor beweerde omkopery by Gautengse Drankraad

14 November 2024

AfriForum sê dit is onaanvaarbaar dat ‘n Gautengse kleinsake-eienaar reeds twee jaar wag vir ‘n dranklisensie, ‘n aansoekproses wat hoogstens 90 dae te neem.

Die organisasie sê hy eis antwoorde by die Gautengse Drankraad (GLB) oor waarom die proses reeds so lank sloer, maar soek ook duidelikheid oor bewerings van omkopery wat by dié raad plaasvind.

‘n Veldtogbeampte vir korrupsie by die organisasie, Charné Mostert sê weens die onduidelikhede het hy ook vandag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) by die raad ingedien.

Die betrokke kleinsake-eienaar, wie se naam om veiligheidsredes weerhou word, het sy aansoek in Januarie 2023 ingedien en sukkel steeds om duidelike kommunikasie by die drankraad te kry oor sy aansoek.

In sy PAIA-aansoek versoek AfriForum die GLB om volledige inligting te voorsien oor die agterstand van dranklisensie-aansoeke en om aan te dui hoeveel aansoeke die afgelope twee jaar ontvang en goedgekeur is.

Mostert meen die GLB buit eerlike ondernemings wat aansoek om dranklisensies doen, uit.

“Wetgehoorsame individue se dranklisensie-aansoeke word afgekeur of sloer voort, terwyl amptenare van die drankraad na bewering omkoopgeld van aansoekers eis om aansoeke goed te keur. Dít terwyl onwettige alkoholverkopers telkens onverpoos voortgaan met hul onwettige aktiwiteite.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende