Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Padveiligheid in Suid-Afrika is ‘n nasionale krisis, meen AA

21 Junie 2023

Die Outomobiel Assosiasie (AA) sê 2022 se padsterftestatistieke skets ‘n donker prentjie oor padveiligheid in Suid-Afrika en beskou dit as ‘n nasionale krisis.

Volgens ‘n verslag State of Road Safety in South Africa deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) is 12 436 mense tussen Januarie 2022 en Desember 2022 op die land se paaie dood. 5 347 van dié sterftes was voetgangers. Dit kom neer op 43%.

Die AA sê 2022 se padsterftes is net effens laer as die 12 541 padsterftes in 2021.

Sedert 2013 is 126 546 mense op die land se paaie dood. Volgens die AA is dié syfers onaanvaarbaar hoog. Volgens die RTMC is daar sekere veranderinge gemaak om padveiligheid te verseker, maar volgens die AA word daar steeds nie genoeg gedoen nie.

Verdere data deur RTMC toon dat 276 000 spoedoortredings verlede jaar uitgereik is – 58% hiervan was in Gauteng. Meer as 11 000 motoriste is in hegtenis geneem omdat hulle onder die invloed van drank bestuur het.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende