Padsterftes tydens feestyd neem met 14% toe


Luister nou

Volgende

Padsterftes tydens feestyd neem met 14% toe

18 Januarie 2022

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het sy medelye betuig met die naasbestaandes van mense, wat gedurende die feestyd op die land se paaie dood is.

Volgens hom het die sterftes met 14% toegeneem tot 1 685. Rakende padsterftes het die aantal sterftes in sewe provinsies toegeneem, terwyl dit in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal afgeneem het.

Die minister het vanoggend die Feestyd padsterftesyfer bekend gemaak. Limpopo het ‘n toename van 16,5% in sterftes aangemeld met ‘n totaal van 226 mense wat hulle lewens in die provinsie verloor het. In Gauteng is 275 mense dood. Dit is ‘n toename van 15,5%. Die sterftes in die Wes-Kaap het met 55,6% toegeneem tot 207.

Volgens Mbalula is 21 431 boetes uitgereik aan motoriste wat nie hulle veiligheidsgordels gedra het nie. 22 766 mense het boetes ontvang omdat hulle sonder ‘n geldige rybewyse bestuur het.

Meer as 4 200 onpadwaardige voertuie is permanent van die pad afgehaal. Mbalula sê 1 586 motoriste is in hegtenis geneem omdat hulle onder die invloed van alkohol bestuur het, terwyl meer as 6 000 vir die oortreding van die spoedgrens vasgtrek is.

https://twitter.com/MbalulaFikile/status/1483363194374696961

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Padsterftes tydens feestyd neem met 14% toe


Luister nou

Volgende