Pad waarop tienermeisies verongeluk lank reeds ‘n probleem


Luister nou

Volgende

Pad waarop tienermeisies verongeluk lank reeds ‘n probleem

1 November 2022

Die VF Plus sê die ongeluk die afgelope naweek tussen Jan Kempdorp en Hartswater waartydens ses mense dood is, onderstreep die gebrekkige toestand van die N18.

Die pad is deel van die N18, wat Warrenton (aan die N12 tussen Johannesburg en Kaapstad oor Kimberley) met die Ramatlabana-grenspos en Botswana verbind.

Die Volkswagen waarin die twee sussies was.

Die twee tienersussies, Janke (19), en Lize Coetzer (16) van Jan Kempdorp is saam met ‘n vriendin, Odine Swanepoel (19) oorlede. Die vriendinne was Saterdagaand saam met twee ander vriende in ‘n Volkswagen Polo op pad na Hartswater om te gaan uiteet toe hulle in ‘n kop-aan-kop-botsing met ‘n Hyundai Tuscon reg van voor betrokke was.

Die drie insittendes van die Hyundai is ook in die ongeluk dood.

Die VF Plus-raadslid in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit, Theo Joubert sê buiten langafstandverkeer, is hierdie roete die hoofslagaar van die Vaalharts-besproeiingskema, een van die grootste en mees gekonsentreerde skemas in Suid-Afrika.

Die Hyundai.

LEES OOK: DRIE TIENERMEISIES, ONDER WIE TWEE SUSSIES IN GRU-BOTSING DOOD

“Op enkele aansluitings na, bestaan die pad uit een baan in elke rigting, sonder ’n noodbaan links van die geel streep. Die afwesigheid van sigbare wetstoepassing deur die Phokwane-verkeersafdeling vererger die probleem,” sê Joubert.

Hy meen dit is duidelik dat beplanners besef het dat verkeersdrukte ’n vergrote pad sou noodsaak.

Volgens die Vaalharts-distrikslandbou-unie, (VDLU) is hierdie al die soveelste ongeluk op hierdie betrokke pad. Die unie se bestuurder, Christelle Stoman sê daar is alreeds verskeie vergaderings met die betrokke rolspelers geopper oor die toestand van die betrokke pad.

Ook die DA meen dat dit een van die paaie is wat weens ‘n gebrek aan sigbare verkeerspolisiëring en padblokkades die sogenaamde “pad van die dood geword het.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

unie

Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie

KLEUTERZONE2

Kleuterzone finaal gelikwideer

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water
Untitled design (5)
Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate
Gq-hV1-WIAAgdFh
Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Pad waarop tienermeisies verongeluk lank reeds ‘n probleem


Luister nou

Volgende