5 Mei 2021
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sê die Proefplaas-wisselaar in Pretoria – wat die N1 en die N4 met mekaar verbind – behoort teen spitstyd vanmiddag weer ten volle vir verkeer op te wees nadat ‘n vragmotor tonne kookolie vanoggend daar verloor het.
Verkeerspersoneel is ontplooi om die verkeer te reguleer nadat voertuie op die padoppervlak gegly het.
‘n Span spesialiste wat gevaarlike materiaal opruim is ontplooi om die toneel op te ruim en seker te maak die padoppervlak is geskik om op te ry.
Niemand is beseer nie en SANRAL het gesê hulle sal mense deur die loop van die dag op die hoogte van sake hou oor hoe die opruimingswerk vorder.
https://twitter.com/itrafficgp/status/1389887964981993472