Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Paasverkeer reeds aan die toeneem

1 April 2021

Nagenoeg 1600 motors beweeg reeds per uur deur die Mooirivier tolplaza in KwaZulu-Natal met motoriste, wat hulle weg baan na hul Paasnaweek-bestemmings.

Die LUR vir vervoer in die provinsie, Peggy Nkonyeni sê duisende mense besoek hierdie naweek KwaZulu-Natal en dat die plaaslike regering hul met ope arms verwelkom.

Volgens haar is verkeersowerhede ook reeds op hoë gereedheidsgrondslag.

In Gauteng is die paaie ook reeds besig met motoriste wat die provinsie verlaat en binnekom. Die Gautengse verkeerspolisie het ‘n beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees.

Die woordvoerder van die verkeerspolisie, Sello Maremane sê die N3 van Johannesburg na Durban, die N12 tussen Johannesburg en Potchefstroom en die N4 van Pretoria na onderskeidelik Rustenburg en Mpumalanga sal veral besig wees.

Hy sê die Gautengse Verkeerspolisie sal ook op hoë gereedheidsgrondslag wees.

Die paaie sal waarskynlik baie besig wees reeds vanaf vandag tot Maandag, 5 April.

Gedurende 2020 se Paasnaweek is 28 mense op Suid-Afrika se paaie oorlede – ‘n 82% afname van die 162 sterftes gedurende 2019 se Paasnaweek. Verlede was daar egter byna geen mense op die paaie nie weens die staat van inperking.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende