6 Junie 2024
Wetstoepassers is steeds op die toneel nadat hulle gisteraand ontplooi is om oproerige inwoners van Alexandra en Marlboro-Noord in Johannesburg onder beheer te bring.
Inwoners het paaie met brandende bande en klippe versper weens langdurige kragonderbrekings in die gebied.
‘n Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Kenny Fihla, sê die betoging het verkeersontwrigtings in Marlboro-rylaan en Far East Bank-rylaan veroorsaak, wat motoriste gedwing het om alternatiewe roetes te gebruik.
Volgens hom is Marlboro-rylaan in Kelvin en Marlboro Gardens gesluit. Hy sê metropolisiebeamptes is steeds op die toneel.
Video https://t.co/AdYBKoPDhM pic.twitter.com/vtJkkJNEHi
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) June 6, 2024
Traffic Advisory
— Jo'burg Metro Police Department – JMPD (@JoburgMPD) June 6, 2024
CLOSURE OF MARLBORO DRIVE IN KELVIN AND MARLBORO GARDENS DUE TO PROTEST ACTION #JHBTraffic #JoburgRoadSafety #SaferJoburg pic.twitter.com/vCcIMfuQ9i
Foto: Yusuf Abramjee