31 Januarie 2023
Bethal in Mpumalanga is van die buitewêreld afgesny nadat inwoners die strate geblokkeer het oor ‘n gebrek aan water in dié dorp.

Volgens die VF Plus raadslid, Aranda Nel-Buitendag, sit inwoners reeds vir meer as twee maande sonder water.
Die munisipale kantore is ook afgesper en betogers keer dat persone by die raad se persele kan in- of uitgaan.
Nel-Buitendag sê as die betogings uitgerek word kan dit ‘n invloed op die lewering van steenkool aan Eskom hê. Sy sê die inwoners waarsku mense dat hulle die paaie gesluit sal hou indien hulle nie vandag met die munisipale bestuurder kan vergader nie.
Volgens haar kan niemand, wat buite die dorp is toegang kry nie, en kan diegene binne die dorp nie die dorp verlaat nie.