12 September 2022
‘n Man het verdrink nadat hy sy seun by Thompson’s Baai in Ballito gistermiddag probeer red het.
Volgens die nooddienste, Medi Response het die jong kind op die rotse gestaan toe hy deur golwe afgestamp is. Medi Response se woordvoerder, Paul Herbst sê die gesin was besig om foto’s op die rotse te neem toe die voorval plaasvind.
Hy sê die man het agter sy kind die see ingespring. Hy kon daarin slaag om hom te gryp en vir ‘n familielid te gee, wat op die rotse gestaan het. Hy is toe egter self deur die golwe verswelg en het in die water verdwyn.
Herbst sê nooddienste het die man gevind en daarin gepoog om hom by te bring. Hy is egter op die toneel dood verklaar.