3 Desember 2024
Bring jy ure op jou selfoon deur? Die heeltyd besig om net deur sosiale media-plasings te blaai, en videos te kyk. Jy ly dan moontlik, volgens die Oxford-woordeboek, aan brain rot.
Brain rot is pas deur Oxford University Press aangewys as sy woord van 2024. Volgens Oxford is die woord in 2024, 230% méér gebruik as in 2023.
‘n Sielkundige en professor verbonde aan die Oxford-universiteit, prof Andrew Przybylski sê die gewildheid van die woord is ‘n bewyse van die tye waarin ons leef.
Brain rot word beskryf as die sogenaamde “agteruitgang van ‘n persoon se geestelike of intellektuele toestand,” wat grootliks veroorsaak word deur gereeld sogenaamde inligting in te neem wat as onbenullig en sinneloss beskryf word.
Brain rot het meegeding teen vyf ander woorde vir die posisie van woord van die jaar. Van die woorde op die kortlys was:
- Demure – Iemand wat gereserveer is, en nie baie, fisies of emosioneel ontbloot nie;
- Dynamic Pricing – Om pryse van produkte en dienste na te gaan;
- Lore – ‘n Lys van sogenaamde feite, en agtergrond inligting van ‘n produk of ‘n persoon;
- Romantasy – ‘n Genre van fiksie. Dis ‘n kombinasie tussen romantiese fiksie, en fantasie;
- Slop – Kuns of ‘n skryfstuk wat deurmiddel van kunsmatige intelligensie geskep word.