OVK wil die jeug aanmoedig om te stem in 2024 se verkiesing


Luister nou

Volgende

OVK wil die jeug aanmoedig om te stem in 2024 se verkiesing

24 Oktober 2023

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het vandag sy leuse vir volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesing bekend gestel.

Die leuse is “jou demokrasie – neem eienaarskap” .

Sy Mamabolo, die hoof uitvoerende beampte van die OVK, sê die boodskap is daarop gemik om die jeug van die land aan te moedig om te gaan stem in die komende verkiesing.

“Ons moet hulle herinner dat hierdie demokrasie aan hulle behoort. Hulle moet eienaarskap neem” het hy gesê.

Hy sê jong mense wys daagliks dat hulle nie deur die stortvloed van negatiwiteit in die land onder gekry word nie. “Hulle wys aan ons dat die hopelose gevoel omgekeer kan word. Ons moet aan hulle redes gee om te glo dat dit belangrik is om deel te neem aan die verkiesing,” het hy bygevoeg.

26,2 miljoen Suid Afrikaners is tans op die kiesersrol.

Van die geregistreerde kiesers is 3,7 miljoen van hulle tussen die ouderdom van 20 tot 29 jaar oud. Die meerderheid kiesers (6,6 miljoen) is tussen die ouderdom van 30 en 39 jaar oud.

Daar is egter nog nie ’n verkiesingsdatum vasgestel nie.

“Die gesprekke is nog aan die gang met die president oor wanneer die verkiesing gehou sal word. Die OVK is reg om die verkiesing te hou op die vroegste moontlike datum” het Mamabolo gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Ander Nuus Artikels

NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings
WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring

OVK wil die jeug aanmoedig om te stem in 2024 se verkiesing


Luister nou

Volgende