12 Maart 2023
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat hy een van sy werknemers afgedank het nadat die kandidatelyste van die ANC en die MK-party uitgelek het.
‘n Ondersoek na die voorval is ingestel ná die verspreiding van die lyste op sosiale media.
Die Kommissie het vroeër toegegee dat die uitlek van die lyste vanuit sý kantoor plaasgevind het en dat dié optrede onwettig was.
Terwyl die MK-party aangedui het dat hy die OVK voor die hof gaan daag oor die voorval, het die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die ondersoek verwelkom en gesê dié party het niks om weg te steek nie.
LEES OOK: OVK GEREED VIR 29 MEI SE VERKIESING
Intussen het die hoofkiesbeampte van die OVK, Sy Mamabolo bevestig dat meer as 27,79-miljoen kiesers geregistreer het om op 29 Mei hulle kruisies te trek. Dit is die meeste hoeveelheid mense wat sedert 1994 geregistreer het.
Hy sê die meeste mense het in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap geregistreer. Volgens hom is die OVK veral verheug oor die hoeveelheid jongmense tussen die ouderdom van 18 en 39 wat geregistreer het. Dié ouderdomsgroep geld vir 42% of sowat 11,7-miljoen mense wat geregistreer het.
Dit is ’n 200%-toename in die ouderdomsgroep vergeleke met die 2021- plaaslike verkiesing.