OVK: Meer as 59 000 kandidate gooi hulle name in hoed vir munisipale verkiesing


Luister nou

Volgende

OVK: Meer as 59 000 kandidate gooi hulle name in hoed vir munisipale verkiesing

24 Augustus 2021

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hy het die name van 59 272 kandidate van 276 politieke partye ontvang vir die munisipale verkiesing, wat veronderstel is om op 27 Oktober vanjaar plaas te vind.

Die OVK het egter die Grondwethof genader om dié verkiesing na 28 Februarie 2022 uit te stel nadat die voormalige adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke in ‘n verslag bevind het dat die verkiesing nié vry en regverdig sal kan voortgaan nie weens die Covid-19-pandemie. Die hof moet nog sy besluit bekend maak.

LEES OOK: OVK NADER VANDAG DIE HOF OOR UITSTEL VAN VERKIESING

Volgens die OVK is daar 10 285 munisipale setels waarvoor dié byna 60 000 kandidate sake sal uitspook. Die hoof verkiesingsbeampte, Sy Mamabolo sê 944 onafhanklike kandidate het hul name in die hoed gegooi om hulle onderskeie munisipaliteite te verteenwoordig.

Die aanvanklike datum vir politieke partye om hulle kandidaatlyste in te dien is van 17:00 gistermiddag na 21:00 gisteraand verleng.

Mamabolo sê daar was 74 kandidate wat hulle name ná die 21:00 spertyd by die OVK ingedien het. Dié kandidate sal nié oorweeg word nie.

LEES OOK: AFRIFORUM: “GEEN BASIS WAAROP MUNISIPALE VERKIESING UITGESTEL KAN WORD NIE”

Dit kom nadat die EFF-leier Julius Malema gisteraand gekla het dat die OVK se aanlyn-stelsel om kandidaatlyste in te dien nog ná 21:00 gisteraand oop was en meen dié stelsel is gemanipuleer. Volgens Mamabolo was die sisteem na die spertyd nog oop vir werknemers om name intern van een platform na ‘n ander oor te plaas.

Hy sê die OVK hoop om teen die einde van vandag dié proses af te handel, waarna die finale lyste teen September bekend gemaak sal word.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

OVK: Meer as 59 000 kandidate gooi hulle name in hoed vir munisipale verkiesing


Luister nou

Volgende