6 Februarie 2024
1,2-miljoen kiesers is sedert November 2023 tot Suid-Afrika se kiesersrol geplaas.
Dít in aanloop tot die algemene verkiesing wat in Mei plaasvind, hoewel ‘n spesifieke datum nog nie bekend gemaak is nie.
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Sy Mamabolo het vroeër ‘n mediakonferensie gehou waartydens hy terugvoer gegee het oor hoe die afgelope naweek se registrasieprosesse verloop het. Die totale kiesersrol bevat nou 27,4-miljoen kiesers.
457 384 van diegene wat die naweek geregistreer het, of 22% is nuwe kiesers wat nog nooit van te vore geregistreer het nie. 77% van dié nuwe kiesers is jongmense onder die ouderdom van 29.
Die meeste mense, 510 670 het in Kwazulu-Natal geregistreer, gevolg deur 452 596 in Gauteng en 305 460 in die Oos-Kaap.
Van die totale aantal kiesers, 27,4-miljoen op die kieserslys is 48% tussen 20 en 29 jaar oud.